zondag 24 juni 2012

Spreuken en citaten 11

"As julle propogandiste van die geboortebeperking, jul leer oor Indië verbrei, sal julle ongetwyfeld 'n aanhang verwerf. Maar waarvoor is die moeite nodig ? Die slegte instinkte het geen advokate of brosjures nodig nie. Die slegte instinkte word die oorsaak van allerande kwaad as die mens nie leer om hulle te beheers nie. As julle praktyke hier net so algemeen sou word as in Europa, sou die gevolge ontsettend wees. Die mense sou aan niks anders meer dink as aan singenot nie. Indië sou 'n land wees van swaksinniges, wat geestelik moreel en liggaamlik skipbreuk gely het. Ek gee toe wat julle nuwe malthusianiste beweer, maar die wetenskaplike verdediging van jul praktyke neem die laaste slagboom weg wat die mense onthou van die kwade. Julle verhef die onsedelikheid tot 'n sogenaamde wetenskaplike stelsel wat die oorsaak van 'n skandelike onsedelikheid is. Ek is daarvan oortuig dat die Europiane weldra sal insien in hoeverre hierdie skynwetenskap hulle bedrieg het. Jul praktyke het veral ingang gevind by die mense van die hoër stande, wat deur oormatige eet, drink en lui-lekker lewe alle wilskrag verloor en die slawe geword het van hul hartstogte.
Gandhi (geciteerd door Teunis Oldenburger)